2022-10-16 - 2022-10-22 - ONS BID SAAM VIR...

  1. GIDEONS (Deuroffer): Vader ons bid dat U die werk van die Gideons sal seën, waar hulle die Evangelie tot die beskikking van alle mense bring, deur die Bybel te versprei.
  2. Matrieksondag: Hierdie groep leerders gaan in die volgende weke krag en kalmte nodig hê. Ons bid dat U die bron sal wees waaruit hulle, hulle krag sal put.
  3. Die veldbrande in die Noord-Kaap, waar groot skade aan weivelde aangerig is. Wees U asseblief daar vir die boere in hulle nood.
  4. Transnet-staking: Die staking kan ons ekonomie groot skade aandoen. Wees U asseblief teenwoordig wanneer onderhandelinge plaasvind, sodat redelikheid sal seëvier.


DANKIE:

  • Vir U Woord wat ons bron van krag is en steeds mense tot U bekeer.
  • Vir gelowige onderwysers, dosente en ouers: Hulle het 'n baie belangrike invloed op die lewens van die matrieks gehad.
  • Die gesondheidsdienste: Hulle verrig soms onder moeilike omstandighede hulle werk, wat lewens red en tot genesing lei.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023