4de Kwartaal - 2022

Dinsdag begin die 4de kwartaal in alle erns.
Dit gaan 'n woelige kwartaal wees met baie opwindende aktiwiteite:

  • Saterdag 22 Oktober is die Stop en Go projek by Maalgate-brug (meer hieroor volgende Sondag)
  • Sondag 30 Oktober is die opwindende diens op die kerkterrein saam met Jan de Wet
  • Sondag 6 November is dit Nagmaal saam met ons VGK Friemersheim bure
  • Sondag 20 November is dit Belydenisaflegging van ons jong lidmate
  • Sondag 27 November is dit ons Kerssangdiens
  • Saterdag 17 Desember is dit ons Somer Kermis
  • Tussen dit alles ontvang ons Pelgrims van Hoop gashere en gasvroue 'n rekord getal stappers en word hulle bederf met ons unieke Outeniqualand Gasvryheid!

Soos julle kan sien voorwaar 'n woelige en opwindende kwartaal.
Tonne geleenthede om heerlik deel te wees van die Outeniqualand-span.
Hou gerus die Familienuus en Whatsapp groepe dop vir meer inligting.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023