Erediens 23 Oktober 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk te Sinksabrug.
Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie in die saal.


DEUROFFER: MISSIE JAPAN


Beste Outeniqualand!
Groete uit Kobe, waar die eerste Sakura bloeisels groot belofte inhou vir die lente skouspel wat kom. Covid-19 se finansiële impak op Missie Japan word op die oomblik uitvoerig bespreek. Kortom: die verreikende effek van dalende bydraes en swak wisselkoerse (skerp dalende Rand-waarde) oor die afgelope jare, is nou dieper as ooit blootgelê.
Gesprekke en planne oor die volhoubaarheid van Missie Japan se werk hier, is nou dringend nodig. Terselfdertyd is ons regtig dankbaar vir elkeen wat ons hande nie gelos het in die middel van die krisis nie.
Ons is diep dankbaar vir elkeen wat aanhou bydra, ons emosioneel dra en volhard in gebed, te midde van groot nood en uitdagings in eie midde.
Groete in Christus, ons opgestane Here.
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan
Stéphan + Carina van der Watt –  stephan@missionjapan.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023