JAN DE WET SONDAG – 30 OKTOBER 2022

 

Kom geniet saam met ons die kuier van Jan de Wet op Sondag 30 Oktober om 09:30 by die kerkterrein. Ons beoog om 'n heerlike kermis atmosfeer met baie aktiwiteite op ons kerkterrein te skep. Die fokus van die dag is om ons gemeente bekend te stel aan die wyer gemeenskap wat nie altyd bewus is van ons gemeente se bestaan hier tussen die plase nie. Dit gaan dus nie oor ons nie, maar oor ons besoekers. Ons het die kuier wyd geadverteer.
Die dames wat eetgoed belowe het, kan dit van 09:00 af by die kostent afgee.

BAIE dankie vir die wonderlike reaksie uit die gemeente vir eetgoed en hulp met die opslaan van die gazebo’s en tafels regsit. Dit gaan ‘n fees wees!


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is ons 10de-maand Dankbaarheidsoffer-fees! Ons gaan hier by ons Nagmaal hou saam met ons VGK Friemersheim bure. Ons sluit ons Danbaarheidsofferfees af met 'n heerlike Bring & Braai om 12:00 by die Kobus Hattinghsaal.


DEUROFFER: ALTA DU TOIT SKOOL

Die Alta du Toitskool in Kuilsrivier gee onderrrig aan leerders (ouderdom 6 tot 18 jaar) wat intellektueel erg gestremd is en nie in hoofstroomonderwys met akademiese vakke kan aanpas nie. Die skool bied aan leerders uit alle kulture die beste geleentheid om volgens hulle eie vermoë en tempo te ontwikkel. Die fokus van die kurrikulum is aangepas en konsentreer op vaardighede soos selfversorging, kommunikasie, uitvoering van huishoudelike take, sinvolle tydsbesteding, arbeidgerigte-vaardighede, asook eenvoudige begrip van godsdiens. Vir leerders wat wel daartoe in staat is, word funksioneel-skolastiese vaardighede soos lees, skryf en getalbegrip aangeleer om hulle te help om in die alledaagse lewe oor die weg te kom met vaardighede soos tydlees, hantering van geld en uitken van name van handelsbanke en winkels. Daar is twee koshuise vir leerders wat ver woon en bussies wat dagskoliere vervoer. Gemeentes se ondersteuning dra daartoe by dat leerders 'n vol lewe kan geniet in 'n skool waar daar spesiaal na hulle unieke behoeftes omgesien word.
Die Bestuurder (H van Niekerk) | 021-903 7744 | assistant.development@altadutoit.com | Webwerf: http://altadutoitschool.wixsite.com/altadutoitschool

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023