Erediens - 04 Desember 2022

 

Hierdie Sondag se erediens is om 9:30 in die kerk. Ds. Gerrie van Deventer sal die Boodskap bring.
Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.
Die bydraes vir die kussings in die kerk kom mooi in en daarom kan daar nou begin werk word aan die oortrek van die kussings. As jy kan help met hierdie projek vra ons dat jy asb. agterbly in die kerk na afloop van die diens sodat daar koppe bymekaar gesit kan word oor die beste wyse om hierdie projek aan te pak. (Die kussings en materiaal word voorsien).


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n erediens om 8:00 in die Kobus Hattinghsaal en 'n erediens om 9:30 in die kerkgebou.
Ds. Jan sal by albei die dienste die Boodskap bring.
Volgende Sondag is ook die laaste Familienuus vir 2022.


GELOFTEDAG

09:30 in die Kerkgebou.
Ons nooi jou vriendelik uit na die versoeningsdiens op 16 Desember.


DEUROFFER: STANDDIENSSPAN

Ons is bevoorreg om 'n stranddiensspan van Moreletaparkgemeente te ontvang wat in die Suid-Kaap kom bedien. Hier volg die program en dit sal ook agter op die Vakansieprogram gedruk wees. Ons wil die gemeente aanmoedig om hulle te ondersteun in die uitreike en aktiwiteite wat hulle gaan doen. Neem jou kinders na al die wonderlike aktiwiteite wat hulle aanbied. Ané Raath is die spanleier.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023