19-03-2023 - 25-03-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Stakings en optogte: ons as gelowige wetsgehoorsame burgers is baie bekommerd oor die gevolge van die aksies op die ekonomie en samelewing Ons bid vir beskerming en beheer oor vakbonde en politieke partye.
  2. Die Kerk: Ons bid vir leiding van ons kerkleiers in hierdie onsekere tye.
  3. Die mense van Mosambiek en Malawi waar die tifoon Freddy groot skade aangerig het. Vertroos u die families waar lewensverlies was en help hulle om die skade te herstel.
  4. Hugenote Kollege (Deuroffer): Ons bid vir die instansie waar Sosiale Werkers opgelei word. Hierdie studente gaan 'n belangrike rol in gemeenskappe vervul en het ons finansiële ondersteuning en voorbidding nodig.


DANKIE:

  1. Vir die dat ons in hierdie tyd saam met U die Lydensweg mag stap en dat U vir ons sondes gesterf het.
  2. Dat U Heilige Gees ons beskerm teen die bosemagte wat dreig om ons in die afgrond te trek.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023