26-03-2023 - 01-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Nagmaal: Mag die Vader ons met die gebruik van die sakrament seën.
  2. Seën ons nagmaal ete, waar ons saam met medegelowiges die vreugde van voedsel en samesyn kan geniet.
  3. Lydenstyd: Mag ons ook hierdie week die lyding wat Christus ter wille van ons verduur het, beleef.
  4. Ons mooi land: Menseregtedag het ons weereens herinner aan ons Christelike plig om ons medelandsburgers met respek en liefde te hanteer.


DANKIE:

  1. Dat U ons gebede die afgelope week verhoor het tydens stakings en onrus. Ons het U teenwoordigheid ervaar.
  2. Dat U altyd daar is vir gelowiges; in tye van kommer, siekte en nood.
  3. Dat U luister as sondaar mense bid! Dankie dat U altyd 'n oor het vir ons nood en versugtinge! Amen.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023