FINANSIES - Persoon met rekeningkundige agtergrond benodig

Die gemeente se finansiële inligting, hoofsaaklik verkry vanaf inskrywings op die bankstate, 'n betalingsregister en 'n kwitansieregister, word maandeliks verwerk na 'n proefbalans wat deur middel van 'n pastelprogram gedoen word. Voordat buite instansies soos die gemeente se bestaande ouditeure genader word om hierdie verwerking te onderneem, sou die Diensgroep vir Fondse graag wou verneem of daar enige persoon in die gemeente is wat die nodige rekenkundige agtergrond het asook pastel gekwalifiseerd is, om hierdie werk namens die gemeente te onderneem. Enige navrae in dié verband kan na die Skriba verwys word - Merinda.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023