Gesinsdiens - 12 Maart 2023

 

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 12 Maart se 2 eredienste:
08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 'n Gesinsdiens om 09:30 in die Kerkgebou.
Neem asseblief kennis dat daar dus nié hierdie Sondag 'n inrydiens gaan wees soos op die kalender aangedui is nie.
Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.
DOOP:
Hierdie Sondag doop Ivan en Marinda May hulle seuntjies, Markus en Regardt.
Ons is opgewonde saam met hulle ouma, Martie Dickson, vir die Here se genade.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag se erediens vind plaas om 09:30 in die kerkgebou.


DEUROFFER: ELJADA NASORG

Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 97 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorgdienste aan 13 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Projekte en aktiwiteite wat deur 5 intruktrises aangebied word is: kognitiewe ontwikkeling, lewensvaardigheid- en bewusmakingsprogramme, leerwerk, kers- en matmakery, vervaardiging van draadhangers, naald-, krale-, brei en hekelwerk, hulp in die tuin en kombuis, etiket- en Bybelklasse, danse, uitstappies, koorsang by gemeentes, swem, toutrek, fietsry, gimnasiumoefeninge en stap.
Eljada Nasorg se 5 huismoeders versorg inwoners deur handhawing van persoonlike higiëne, voorsiening van maatltye en verversings, positiewe dissipline, kleding, netheid van kamers, voorsiening van ‘n veilige ongewing, mediese sorg (medikasie, verpleging ens.). Dienslewering fokus dus op die bevordering en d handhawing van inwoners en dagsorgkliënte se volle potensiaal, sodat hulle selfstandige en volwaardige lede van die samelewing kan wees.
Ons is dankbaar vir gemeentes se donasies waarsonder ons nie hierdie broodnodige dienste aan kwesbare persone kan lewer nie.

Webwerf: http://eljada.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023