02-04-2023 - 08-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Dag van danksegging en verootmoediging: Vader daar is soveel waarvoor ons dankbaar is. U seën ons ver bo verdienste. Maar ons wil ook bely dat ons en die mense van ons land nie werd is om U kinders genoem te word nie. Wees ons asseblief genadig.
  2. Die mense van die Oos-Kaap (Port St Johns). Reën het reeds groot skade aangerig. Help U hulle wat skade gely het en vertroos die wat geliefdes verloor het.
  3. Die kerkraad en Leraar: Ons groeiende gemeente plaas druk op ons gemeente leiers, rus U hulle toe vir hulle verantwoordelikhede.
  4. Munisipale-rade in ons land: Laat politieke dienstigheid nie die dienslewering benadeel nie, en waar koalisies bestaan bid ons dat U die saambindende faktor sal wees.


DANKIE:

  1. Dat ons almal om U tafel welkom was om die seën van die Nagmaal te ontvang.
  2. Dat ons U orals vind; in ons diepste nood, ons siektes en kommer maar ook ons vreugdes.
  3. Vir 'n vol kerk waar U teenwoordigheid aangevoel word. AAN U DIE EER!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023