16-04-2023 - 22-04-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Jan Kriel Instituut (Deuroffer): Hier word kinders met opvoedkundige behoeftes onderrig. Ons bid vir finansiële ondersteuning en geestelike versorging.
  2. Misdaadsindikate (Mafia), waar besighede en mense afgepers en ontvoer word. Tree U asseblief toe en vernietig hierdie euwel in ons land.
  3. Skole wat weer vir die 2de kwartaal heropen het. Rus U onderwysers en leerders toe vir die uitdagings wat aan hulle gestel gaan word.


DANKIE:

  1. Vir gelowige gesinne waar ouers nog hulle doopbeloftes nakom.
  2. Kinders en kleinkinders se liefde en omgee.
  3. Die nuwe herfsseisoen, waar ons U Hand in die verandering in die natuur sien. Ons Loof U omdat U Groot en Almagtig is!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023