Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2024

Erediens - 2 Junie 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 2 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag se tema fokus steeds op die werksplek met die tema: BEPLANNING: God se sorg en my eie beplanning! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 9 Junie se erediens om 09:30 in die kerk. Daar sal geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees op 9 Junie nie. SINODALE DEUROFFER: ARBEIDSBEDIENING Arbeidsbediening is die diensarm van Christelike kerke wat alle mense in die werkplek landswyd ondersteun – hulle werk dus AANVULLEND tot gemeentebediening en verteenwoordig nie die voorkeure of styl van een spesifieke denominasie nie. Hulle verteenwoordig die hele kerk van Christus en is gerig op die geestelike versorging van mense in hule plekke van werk. Christengelowiges word ondersteun en ‘n vriendskapsevangelisasie word gevolg deur mense te bereik wat nog nooit van die Here gehoor het nie. Arbeidsbediening se holistiese benadering beteken ook dat hulle

2024 Comrades Bible Project

Prent
 

26-05-2024 - 01-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Prent
Verkiesing: Woensdag 29 Mei 2024. Here, ons vra U genade vir 'n vrye en regverdige verkiesing! Seën asseblief vir Suid-Afrika sodat leiers van integriteit verkies sal word. Sinodale Diensgroep vir Gemeentebegeleiding (Deuroffer): Seën die werk wat hierdie Diensgroep doen. Help hulle om U stem duidelik te hoor. Bybelgenootskap (Deuroffer tydens Pinkster): Die Bybelgenootskap doen besondere werk in ons land deur die Bybel in alle tale te vertaal en die Bybel te versprei. Seën U elkeen wat betrokke is met die vertalings en hulle wat die Bybel versprei. Gelowiges in die Parlement: Gee hulle krag om onder alle omstandighede sterk te staan in hulle standpunte van diens en integriteit. Golfdag: 28 Mei 2024: Seën asseblief ons Golfdag saam met en ten bate van BADISA. DANKIE: Vir die Heilige Gees: Pinkster maak ons weer bewus van u Gees. Dankie dat u Gees steeds onder ons woon en ons trooster is. Dat ons almal om U tafel welkom was om die seën van die Nagmaal te ontvang. Vir 'n vol kerk

Erediens - 26 April 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 26 Mei se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Sondag se tema fokus steeds op die werksplek met die tema: GEBED: Mag ek vir sukses in my werk bid? Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. Ds Jan en 3 kerkraadslede bring 'n pastorale besoek aan Uniondale gemeente wat die afgelope jare deur erge droogtes is. Ds Jan sal die prediking daar waarneem. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 2 Junie se erediens om 09:30 in die kerk. Volgende week se tema is: BEPLANNING: God se sorg en my eie beplanning! SINODALE DEUROFFER: DIENSGROEP VIR GEMEENTEBEGELEIDING Gemeentebediening se roeping is om gemeentes te ondersteun en te begelei met die oog op florering. Ons staan ook graag gemeentes met uitdagings by. Ons almal weet dat die kerk haarself in uitdagende tye bevind en dat ons mekaar se hulp nodig het. Ons help graag gemeentes wat wil vernuwe. Die lewende God is mos rééds aktief in ons gemeenskappe en gemeentes teenwoordig! Ons help gemeen

Red Berry Farm Trail Run

Prent
 

HOOGEKRAAL LAERSKOOL - KERMIS

Prent
Laerskool Hoogekraal hou Saterdag 1 Junie kermis by die skool. Ons wil graag 'n “WIT OLIFANT” tafel opmaak. Indien jy enige huisware, kledingstukke, skoene of enige ander items wil uitgooi of van ontslae wil raak, skenk dit asseblief vir ons. Die items word slegs vir R5 – R20 verkoop. Ons sal dit baie waardeer!!! Kontak vir Megan.  

HEUNINGDRAER

Outeniqualand se lente-nuusbrief het DRINGEND behoefte aan redaksielede! As jy bereid is om te help om dié nuusbrief aanmekaar te sit, kontak asseblief vir Merinda by die kerkkantoor.

19-05-2024 - 25-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Verkiesing: Here, ons vertrou op U dat die 2024 'n vrye en regverdige verkiesing sal wees. Paarl Skool vir Gestremdes (Deuroffer): Hierdie spesiale kinders het 'n agterstand in die lewe, maar met U hulp en ons bydraes kan dit oorkom word. Nagmaal: Na 'n week van Pinkster is ons gereed om die Sakrament van die Nagmaal te gebruik, en so ons verhouding met U te verinnig. Vervolging Sondag: Dit is bitter hartseer dat daar lande is waar Christene vervolg, gemartel en selfs vermoor word vir julle godsdiens. Gee U vir hulle die krag om te volhard! Gaan saam met die organisasies wat, ten spyte van die gevare, die Boodskap in hierdie lande bring. DANKIE: Vir 'n land waar ons, sonder die vrees van vervolging, ons Christenskap kan uitleef. Vir Ben wat vir baie jare voor gevat het met Outeniqualand se gebedsaksies, ook hierdie "Ons bid saam vir..." lys in die Familienuus. Dat U ons geroep het om 'n verskil te maak in 'n land waar so baie dinge verkeer is. TROOS On

Gedenkdiens - Ben Klinck

Prent
 

Pinkster - 2024

Prent
 

Pinksterafsluiting - 19 Mei 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 19 Mei se PINKSTERFEES om 09:30 in die Kerk. Die Pinkster sluit af met 'n Nagmaals-ete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal in Glentana. Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep. Bring ook asseblief jou eie eetgerei en drankies saam. Tafels en stoele word voorsien, maar jy is welkom om jou kampstoel saam te bring. As jy onseker is by wie jy kan sit, kontak vir Maryna. Dit is 'n fees van dankbaarheid, kos en kuier. Doen die moeite en kom kuier lekker saam. As gevolg van die Nagmaalsete is daar hierdie Sondag geen koffie na die erediens nie. Op Pinkstersondag vier die kerk God se groot geskenk aan sy kerk, nl. die uitstorting van die Heilige Gees. Ons lees in Hand 2 dat die Gees op die dissipels gekom het op die Joodse Pinksterfees. Die mense het die geluid van ’n stormwind gehoor en gesien hoe tonge soos vuu

Moedersdag 2024

Prent
 

Senior Musiekgroep

Prent
 

12-05-2024 - 18-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Verkiesing: Bid dat elke geregistreerde kieser sy burgerlike plig sal doen en gaan stem, maar biddend die wil van die Here sal soek in hulle keuse. Bybelgenootskap (Deuroffer): Seën U asseblief hierdie organisasie se werk wat sorg dat die Bybel vertaal en versprei word. Moedersdag: Vader ons moeders is vir ons baie belangrik, wil u hulle asseblief lei om hulle gesinne met liefde te versorg en 'n voorbeeld van U liefde en genade te wees. Pinksterweek: Ons bid vir U seën op die dienste waar die uitstorting van die Heilige Gees herdenk word. Die gebouramp in George: Ons bid vir vertroosting vir hulle wat geliefdes verloor het en vir die beseerdes in hospitale, maar dank U ook vir almal wat met hierdie groot tragedie hulp verleen het met reddingswerk en vertroosting. Dankie dat U ook daar was. DANKIE: Vir moeders wat ons en ons kinders in die verlede met liefde en sorg na U gelei het. Ons eer ook hulle nagedagtenis. Vir Pinkster: Dat U ons met U Gees salf en seën. Vir ons vryheid: 2 Ko

Erediens en Pinksterdienste - 12 Mei 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag 12 Mei se erediens om 09:30 in die Kerk. Ons deel ook Moedersdag-geskenkies uit. Daar sal geen diens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal wees nie. Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en Sondag se tema is: GELD: Beloftes, plesiere en gevare! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. Sondagaand begin ons Pinksterdienste om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal te Glentana. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 19 Mei se NAGMAAL om 09:30 in die kerk. Kom sluit ook by ons aan vir die Nagmaals-ete om 12:00 by die Kobus Hattinghsaal in Glentana. As jy onseker is by wie jy kan sit, kontak vir Maryna. Dit is 'n fees van dankbaarheid, kos en kuier. Doen die moeite en kom kuier lekker saam. DEUROFFER: BYBELGENOOTSKAP Die Here het ons in staat gestel om in al 11 amptelike tale Bybels te kon vertaal en in meeste tale is daar hersienings en tweede vertalings gewees. Die NG Kerk het vanaf die stigting van die Bybelgenootskap in 18

Pinkster | Pentecost - Kerke in Groot-Brakrivier

Prent
 

Hemelvaartdiens - 09 Mei 2024

Prent
 

BADISA - Skenkings

Prent
 

05-05-2024 - 11-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

Sinodale Bid- en Dankdag Arbeidsondag: Ons land se arbeiders is die kern van ons ekonomie. Ons bid vir die arbeiders en hulle vakbonde wat na hulle belange omsien, maar ook dat die vakbonde nie politieke speelvelde word nie. Ons bid ook vir al die werkloses in ons land. Magdalena Huis (Deuroffer): Vader ons bid vir die ongehude meisies wat hier versorg word. Wees U asseblief daar vir hulle en hulle versorgers. Pinkstertyd: In hierdie tyd herdenk ons die uitstorting van die Heilige Gees, wat sy hoogtepunt met Hemelvaart bereik. Help U ons om in hierdie dae weer bewus te word van hoe U ons daagliks seën. Verkiesing: Dat ons 'n leier kan kry wat die Here dien en tussen reg en verkeerd kan onderskei. DANKIE: Dat U na die Hemel opgevaar het om vir ons 'n plek te berei. Lied 429:1 “Die Heer regeer, Hy't opgevaar, die dood kon Hom nie hou nie. Sy almag sal ook ons bewaar – wie sal op Hom nie bou nie?” Dit is ook ons dankgebed in hierdie dae. Dat ons aan 'n Kerk en Gemeente beh

Erediens - 05 Mei 2024

Prent
Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk. Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan? Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: GETUIENIS: Maniere om my geloof in my werksplek te deel! Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal. HEMELVAART Ons nooi jou uit na ons Hemelvaartdiens op Donderdag 9 Mei om 18:00 by die kerkgebou te Sinksabrug. VOLGENDE SONDAG Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 12 Mei se erediens om 09:30 in die Kerkgebou en die begin van die Pinksterdienste om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal. Daar sal geen diens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal wees nie. DEUROFFER: MAGDALENA HUIS Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Magdalenahuis dan ook die geloofstap om ween