Erediens - 07 April 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 7 April se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan?
Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en ons skop Sondag af met die tema: My werksplek: werk of roeping?
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.
Welkom ook aan die VONKE. Hoop julle is lekker uitgerus en sterkte met die 2de kwartaal!


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na volgende Sondag se 2 eredienste:
08:00 in die Kobus Hattinghsaal
09:30 in die Kerk


HIERDIE WEEK

Die kerkkantoor sal Woensdag 10 April vanaf 14:00 gesluit wees.
Kantoortyd is Dinsdag tot Vrydag vanaf 08:30 – 13:30 asook Woensdagmiddag vanaf 14:00 – 16:30.
Die kantoor is ook oop op 'n Sondag vanaf 08:30 – 11:00.


DEUROFFER: BADISA (Sinodaal)

Badisa is die welsynsorganisasie van die NG Kerk in SA (Wes-Kaapland) en die VG Kerk (Kaapland) wat professionele maatskaplike dienste lewer aan mense in nood, ongeag hul ras, geslag of geloof. Die fokusareas van die organisasie is kinders en gesinne, ouer persone, persone met gestremdhede, asook persone met middel-afhanklikheid asook die bevordering van vroeë kindontwikkeling d.m.v. die Little Seeds program.
Badisa skep werk vir 3 100 personeellede. Die personeel is Badisa se grootste bate en ons het die verantwoordelikheid om hulle toe te rus, te beskerm en te ondersteun om hul werk ten beste uit te voer. Ons personeel is geroepe om diensbaar te wees en ons kan getuig van 'n personeelkorps wat elke dag hulle taak met liefde en deernis aanpak.
Badisa se gekonsolideerde omset per jaar is R560 miljoen. Die hoof inkomste is die losies- en huurgelde by ons residensiële fasiliteite, asook die subsidie van die staat. Badisa is self verantwoordelike om 15% (R83 miljoen) van die totale omset deur middel van fondswerwing te genereer. Die programme steun dus baie om die betrokkenheid van gemeentes om hul lidmate te mobiliseer om hul kundigheid, tyd en geld te gee om ons programme se volhoubaarheid te verseker.

Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Outeniqualand se eie Diensgroep vir Gemeentebedienig.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023