Eredienste - 14 April 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 14 April se eredienste:

  • 08:00 by die Kobus Hattingh-saal
  • 09:30 in die Kerk by Sinksabrug

Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan? Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: INTEGRITEIT: Om die regte ding te doen!
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.
Ons vra voorbidding vir die Ring van George se sitting wat plaasvind op Sondag 14 April vanaf 15:00 by die NG Kerk Blanco. Charles Robertson is afgevaardig om saam met ds Jan die Ringsitting by te woon.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na die PAASSANGDIENS volgende Sondag om 09:30 in die kerk.


HIERDIE WEEK

Ds. Jan is Maandag by die Predikante byeenkoms saam met die Wes-Kaap se Moderamen by Blanco gemeente.


DEUROFFER: GEMEENTE BEDIENING

Outeniqualand se Diensgroep vir Gemeentebediening staan onder leiding van Jaap van der Westhuizen. Die span bestaan uit Adam du Plessis, AnnemiBarnard, Ben Klinck, Blom du Toit, Charles Robertson, ds Jan Fourie, Floris Brand, ds Basie Fourie, Maryna van der Westhuizen, Merinda Duvenage, Nikki Visagie, Tinus Badenhorst en Lourens van Wyk. Hierdie Diensgroep is verantwoordelik vir die opbou van die gemeente in al sy fasette.
Die bedieninge wat onder hierdie Diensgroep val is:
Inrig van die eredienste / Voorsang / Pinksterdienste / Jeug: Vonkies (Annemie neem leiding) / Jaarkalender / Heuningdraer (die Redaksie neem leiding) / Jaar-tema aksies / Paassangdiens / Kerssangdiens / Kursusse soos “Ontdek jou gawes”, “40 dae” ens. / Outeniqualand se webblad (Tinus neem leiding) / Gemeente kampe en enige ander aksies waar ons gemeente, hetsy geestelik of beestelik, bedien word.
Ons wil jou aanmoedig om enige vars nuwe idees vir ons deur te gee of beter nog, om by ons aan te sluit en te help dink aan nuwe idees hoe ons ons mede- Outeniqualanders beter kan bedien.
Kontak gerus vir Jaap van der Westhuizen.


Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Bediening aan Dowes.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023