08-08-2021 - 14-08-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Vir Gerrie en Arlene Coetzee wat werk by SAAWE (Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldsending). Dit is 'n organisasie wat die wêreld seën met die goeie nuus van Jesus. Mag ons in 'n tyd waar die wëreld smag na goeie nuus ook deur hierdie organisasie 'n bydrae lewer. (Deuroffer)
  2. Ons leraars en pastore oor hele land, wat in hierdie tyd daagliks met trauma gekonfronteer word, om vas te staan en deur die Heilige Gees versterk te word in hulle taak om bedroeftes en siekes te bemoedig.
  3. Covid-19. Vader die epidemie is steeds besig om in ons gemeente en gemeenskap groot hartseer en kommer te veroorsaak. Help U ons om alleen op U te vertrou en aan U vas te hou. Ps. 62:6 “Net by God vind ek rus en op Hom vertrou ek.”


DANKIE VIR:

  • Vriende en familie wat mekaar in hierdie tyd op 'n besondere wyse bystaan.
  • Dat U Woord in hierdie tyd soveel bied om ons staande te hou en in geloof naby U te bly.
  • Vir ons leraar en sy gesin wat in hierdie moeilike tyd steeds positief bly en vir ons die blye boodskap van Hoop en Genade bring.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023