15-08-2021 - 21-08-2021

  1. Vrouemaand: Vader, ons bid vir die rol wat vroue in ons lewens en die gemeenskap speel. Seën asseblief die werk wat die kommissie, Diens van Barmhartigheid, in ons gemeente doen asook die verpleegsters en onderwyseresse en alle vroue wat 'n verskil in ons lewens maak.
  2. Aardverwarming: Ons bid vir die Klimaatsberaad in Glasgow, Skotland. Vader, klimaatsverandering is besig om groot ontwrigting in die wêreld te veroorsaak. Help die mensdom om weer aan U skeppingsopdrag gehoorsaam te wees en die aarde met eerbied te gebruik en te versorg.
  3. Degnos (Deuroffer): Sending onder die Boesmans. Die geestelike werk wat onder hierdie groepie mense gedoen word lê vir ons gemeente na aan die hart. Help ons asseblief om ook ons plig teenoor hierdie sendingaksie na te kom.
  4. Nagmaal met Seniors: Ons bid dat hierdie besondere geleentheid tot U eer en versterking van ons geloof sal plaasvind. Ons dra veral ons Seniors by die geleentheid aan U op. Omvou hulle met U liefde en Genade.


DANKIE VIR:

  • Vroue in ons lewens, gesinne en gemeenskap wat daagliks in U diens staan.
  • Predikante en Sendelinge in die Sendingveld, wat daagliks onder moeilike omstandighede in U diens staan.
  • Dat U na ons kyk met Genade en Omgee. (Sondag se prediking)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023