Erediens - 22 Augustus 2021

 

Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Ons gaan nie koffie drink na afloop van die diens nie.
Ons hoop dat ons binne-kort weer sal kan saam kuier en koffie drink.


DEUROFFER: HOSPITAAL-BEARBEIDING


Hospitaal-bearbeiding vind plaas deur Hospivision. 'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale van Pretoria leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale binne die Kaapse Metropool, moet Hospivision gekontak word.
Die Diensgroep Diaconia het die webwerf (www.myhulp.co.za) ontwikkel om inligting te voorsien waar hulp oor 'n aantal onderwerpe rakende geestesgesondheid gevind kan word.
Hospivision | 021 931 0311 | wanda@hospivision.org.za
Administratiewe ondersteuning | Me Ria Koen | 021 957 7109 | diaconia@kaapkerk.co.za | webwerf: http://www.myhulp.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023