Erediens - 29 Augustus 2021

 

Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Ons gaan nie koffie drink na afloop van die diens nie.
Ons hoop dat ons binne-kort weer sal kan saam kuier en koffie drink.


DEUROFFER: TEOLOGIESE KWEEKSKOOL


Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra.

Me Amanda van Niekerk | 021 887 6819 | toerusting@sun.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023