Erediens - 8 Augustus 2021

 

Sondag hou ons weer inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Omdat daar soveel van ons gemeentelede is wat Covid onder lede het, gaan ons nie hierdie Sondag koffie na die erediens hê nie. Sodra dit rustiger is, sal ons weer hervat met ons heerlike koffie-kuiers voor die dam.
Kyk hoe het ons inrydienste verlede jaar die tyd gelyk. Hierdie foto is op 9 Augustus 2020 geneem:

Baie dankie vir elkeen wat gehelp het om ons dam-preekstoel te bring tot waar hy vandag is. Ons dank die Vader vir ons kreatiewe en mee-lewende gemeentelede en ons leraar wat “uit die boks uit” kan dink en sy bediening met soveel toewyding doen.
Dankie vir ons Vader dat ons op dié manier kon voortgaan met ons dienste ten spyte van die inperkings.


DEUROFFER: SAAWE

 
Hierdie Deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is 'n sendeling-paar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van George Ring asook individue finansieël ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele gery. Kort daarna het Gerrie en Arlene teruggekeer na Suid-Afrika en hulle sendingwerk voortgesit by die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie. Hulle Nuusbrief met meer inligting oor hulle sendingwerk word aangeheg by die Familienuus epos.


Nora de Wit (NGK Bergsig Projekleier) – 082 375 3060 | noradewit7@gmail.com

Gerrie 067 084 7256  |  Arlene 076 446 1407

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023