26-09-2021 - -2-10-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die werk wat die Sinodale Jeugkommissie onder ons jeug doen. Ons bid veral vir die jongmense wat werkloos is en uitgelewer is aan misdaad en dwelmisbruik. Sorg U asseblief vir ons jeug en rus die werkers wat onder die jeug werk toe met insig en geloof.
  2. Die gesin in Nieu-Seeland en hulle geliefdes wat treur oor die dood van onskuldige kinders, maar ook vir haar wat van die gruweldaad verdink word. Omvou haar met U liefde en genade.
  3. Onmin in die Kerk. Van ons familie en vriende behoort aan gemeentes wat doleer. Ons het ons Kerk en U Woord lief en wil nie keuses maak nie. Bring U asseblief versoening en help leiers om by U te soek na wat reg is.
  4. Vervolgde Christene. In baie lande van die wêreld word U kinders vervolg. Staan U hulle by en laat U Evangelie steeds versprei word.


DANKIE:

  • Dat U nie van ons verwag om sewe dae van die week te werk nie, maar ook in U wysheid vir ons 'n rusdag gegee het. (verlede Sondag se preek)
  • Dat ons kan verneem dat die dodetal aan Covid-19 besig is om te daal. Ons dank U daarvoor!
  • Vir ons Erfenis. Psalm 16:6 “’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek van U ontvang het is vir my mooi”. Vader, alles wat ons van U ontvang het is ons erfenis en daarvoor dank ons U. (Erfenis dag)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023