03-10-2021 - 09-10-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die bejaardes in ons gemeente: Hou asseblief die groep lidmate naby U, maak hulle daagliks bewus van u teenwoordigheid, dra hulle in siekte en troos hulle in hartseer.
  2. Die Christelike Lektuurfonds: (Deuroffer) Dankie Vader dat ons ook vandag die fonds finansieël kan ondersteun. Seën ook die werk wat hulle doen deur Chritelike lektuur in alle tale gratis en beskostigbaar te versprei.
  3. Boere in die somer-reënvalstreek. Ons bid vir 'n goeie landboujaar, maar ook vir hulle wat skade gelei het as gevolg van brande.
  4. U seën op ons gemeente se Tiende-maand dankoffers. Maak U ons harte en hande oop.


DANKIE VIR:

  • Ons geestelike gesondheid.
  • U liefde, waaraan ons nooit hoef te twyfel nie. Rom. 8:35 “Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?”
  • 'n Goeie landboujaar in die winter-reënvalstreek en dat ons damme vol is. Aan U al die eer!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023