Erediens - 3 Oktober 2021

 

Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Na die diens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.
As gevolg van die skoolvakansie is daar geen VONK nie.


DEUROFFER: Christelike Lektuurfonds


Die Christelike Lektuurfonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig. CLF se VISIE: 'n Wêreld waar mense die Boodskap van die Bybel leef. CLF se MISIE: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Christelike materiaal – gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting.

  • CLF werk in vennootskap met 'n verskeidenheid kerke en bedieninge. CLF befonds publikasies en dienste en is afhanklik van die bydraes van donateurs.
  • CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NG Kerk familie en ander kerke beskikbaar.
  • Die inhoud en fokus van die literatuur het 'n missionaal-diakonale gerigtheid en wil diens lewer in die koninkryk van God.
  • Die literatuur word gratis of uiters bekostigbaar uitgegee, versprei en aan die breër kerk van Christus beskikbaar gemaak.


Bestellings – 021 873 6964 | orders@clf.co.za | Webwerf: http://www.clf.co.za | Navrae: Ina Willemse – 021 873 6964 | info@clf.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023