Erediens - 14 November 2021

Ons nooi jou uit na Outeniqualand se inrydiens Sondagoggend om 09:30 by die dam agter die kerkgebou.
Na die diens is daar lekker koffie en kuier voor die dam.
08:00 Geen erediens in Kobus Hattingh-saal nie. (A.g.v. die Ringsitting in die Kobus Hattinghsaal)



DEUROFFER: STRAATWERK


Straatwerk is 'n Christen organisasie wat vir die afgelope 55 jaar as deel van ons kerkfamilie uitreik na: vroue vasgevang in prostitusie, hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad. Deur werkrehabilitasie (Ophelp Projek) skep ons geleenthede vir hawelose mense om op 'n eerbare manier 'n inkomste te verdien deur harde werk as 'n alternatief vir bedelary en misdaad. In ons uitreike nooi ons vroue wat in prostitusie vasgevang is om deel te raak van 'n verskeidenheid rehabilitasie inisiatiewe. Straatwerk is reeds sedert 2009 besig met 'n voorkomingsveldtog in skole om kinders in hoë risiko areas te waarsku teen seksuele misbruik en prostitusie. Tydens ons naguitreike nooi ons gemeentegroepe om deel te neem aan praktiese uitreike op straat as 'n teken van die Liggaam van Christus in Aksie.

Dr. Fourie Truter | 021 930 8055 | fourie@straatwerk.org.za | Webwerf: http://straatwerk.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023