2021-12-05 - 2021-12-11 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ouers, grootouers en kinders wat die tweede Kersfees, as gevolg van inperkings nie saam sal kan vier nie. Die besluit van regerings is verantwoordelik vir groot hartseer. Wees U hulle trooster gedurende die Kerstyd.
  2. Die beëindiging van die nuwe virus. Rus U die medici en wetenskaplikes toe met kennis en verantwoordelikheid en beskerm ons en ons geliefdes teen die virus.
  3. Die mense wat hulle aan geslagsgebaseerde geweld skuldig maak. Help hulle om vrouens en kinders te respekteer en met eerbied te behandel.
  4. Werkloosheid in Suid-Afrika: Werkloosheid is die grootste drywer van armoede en verantwoordelik vir talle sosio-maatskaplike probleme. Ons bid dat ekonome en politici die erns van die probleem sal besef en saam na oplossings sal soek.
  5. Wêreldbiddag vir vigs: Ons bid saam met gelowiges in die wêreld dat mense die erns van hierdie siekte sal besef en verantwoordelik sal optree.



DANKIE VIR:

  • Die Kerssangdiens waarmee ons geestelik versterk is en voorberei is vir die geboorte van Jesus.
  • Adventtyd: dat ons saam met medegelowiges na U koms kan uitsien!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023