2021-12-12 - 2021-12-18 - ONS BID SAAM VIR...


  1. Die Kersseisoen: Mag dit 'n tyd wees waar die wonder van Jesus se geboorte die fokus van ons feesviering sal wees.
  2. Vakansiegangers wat op pad is na hulle vakansiebestemming. Beskerm U hulle op die pad teen gevaar en seën hulle in die tyd van rus en ontspan.
  3. Vakansiedienste saam met familie en besoekers. Help U ons om die gemeenskap van gelowiges op 'n besondere wyse te ervaar.
  4. Getuieniskommissie (Deuroffer): Dankie vir die werk wat die kommissie in ons gemeente en gemeenskap doen.



DANKIE VIR:

  • Die milde reën oor groot dele van ons land asook streke wat jare laas reën gehad het.
  • U teenwoordigheid in die Parlement, met die stemming i.v.m. grondonteiening. Dankie dat U ons gebede verhoor het.
  • Dat ons deel van hierdie gemeente kan wees, waar ons daagliks U liefde en teenwoordigheid ervaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023