Advent - 2021

 Die kerklike jaar word ingelei met Advent – die vier Sondae voor Kersfees. Hierdie is ‘n tyd van afwagting. Ons wag op die koms van Christus na die wêreld. Natuurlik het Jesus reeds gekom, maar hierdie is ‘n tyd waarin ons met ‘n nuwe verwagting wag op die Here: om Hom weer in ons eie lewens raak te sien en saam te sug met die wêreld en die aarde wat Hom só nodig het. Ons vier Sy koms as die Een wat inbreek in hierdie gebroke wêreld en hoop bring!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023