2022-01-30 - 2022-02-05 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die invloed wat ons “Week van Gebed” op die meelewing van ons gemeente sal hê.
  2. Ons studente wat weer met 'n nuwe semester met nuwe uitdagings begin. Vader ons dra veral ons eerste jaar studente aan U sorg op. In die eerste weke van onsekerheid en aanpassing gaan hulle U nodig hê.
  3. Die aanstelling van 'n nuwe Hoof-Regter. Mag dit iemand vry van politieke verbintenis wees, wat sy wysheid en insig by U sal vind.
  4. Nuwe intrekkers: Dat hulle in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind, waar hulle tot U diens beskikbaar sal wees.
  5. Seën op die kwartaal se gemeente aktiwiteite.



DANKIE VIR:

  • U teenwoordigheid tydens ons “Week van Gebed’.
  • Aktiwiteite in die kerk en skole, wat weer onder Covid regulasies na normaal begin terugkeer.
  • Die mooi in die natuur wat U daagliks aan ons openbaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023