Erediens - 23 Januarie 2022


Baie welkom terug na die feesseisoen! Ons begin die nuwe jaar met ons week van gebed.
Sondagoggend se tema by die inrydiens om 09:30 is: “God se stem te midde van geraas”.
Na die diens is daar lekker koffie in die buitelug, onder die skadunet voor die dam.


Ds. Jan asook Merinda in die kerkkantoor is albei vanaf 17 Januarie weer terug op kantoor en in die gemeente na 'n welverdiende rus. Baie dankie vir Lorraine wat ingestaan het vir Merinda en die kerkkantoor beman het en vir dr. Kobus Hattingh wat vir ds. Jan ingestaan het.
Ons is almal opgewonde om die 365 geleenthede in 2022 ten volle te gebruik tot eer van die Here!

DEUROFFER: PLAASLIKE JEUG
VONK (Vorm Ons Nes Klei)

Hierdie Sondag se deuroffer gaan vir ons plaaslike jeugbediening. Ons VONK bediening. Ons VONK bediening het die afgelope jaar of wat pragtig toegeneem ten spyte van die uitdagings. Ons is baie dankbaar vir Annemi en haar span wat so mooi na ons Vonkproppies kyk. Jy kan hierdie bediening vandag seën met jou finansiële bydrae en/of jy kan vir Annemi kontak indien jy meer betrokke wil raak by Outeniqualand se VONK bediening.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023