Erediens - 30 Januarie 2022


 

Ons nooi jou uit na ons inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk.
Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word.
Na die diens is daar 'n braai vir die Vonkies en hulle ouers by die Kobus Hattinghsaal.


DEUROFFER: OUTENIQUALAND
Diensgroep vir VASTE en ROERENDE BATES

Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates, onder leiding van Pieter Stoltz, sorg vir Outeniqualand se geboue en toerusting. Dit sluit die Kobus Hattinghsaal en terrein, die begraafplaas, die Kerk, Kerksaal en terrein, die Pastorie in. Ons gemeente is geseën met pragtige geboue in die mooiste natuurskone areas. Die geld wat met die Deuroffer ingesamel word, sal gebruik word vir die instandhouding en opknapping van Outeniqualand se eiendom en terreine.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023