PELGRIMSTOG VAN HOOP – GARDEN ROUTE


Verlede jaar is daar begin met 'n Pelgrimstog van Hoop tussen Herold en Mosselbaai. Outeniqualand gemeente is die 3de laaste “Brunch-stop” op die roete. Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak? Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, die tafel gedek moet word, die kos warm gemaak moet word (jy hoef dit nie self te maak nie) en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasvrou/gasheer optree tydens hulle kort besoek. Ons beoog om 'n paar spanne te hê wat mekaar in 'n maand afwissel. Dit is 'n baie bevredigende bediening waarin gasvryheid, vriendelikheid, betroubaarheid benodig word. Dit bied 'n geleentheid om saam met baie interessante mense te kuier.
Indien jy voel dat dit 'n bediening is waarby jy wil inskakel, kontak asseblief vir Merinda.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023