2022-02-06 - 2022-02-12

  1. Gemeenteontwikkeling (Deuroffer): Dat die fondse op verantwoordelike wyse gebruik sal word tot uitbreiding van U Koninkryk.
  2. Bybelstudiegroepe wat weer begin om normaal te funksioneer. Mag hierdie belangrike gemeente aktiwiteit dien tot geestelike groei in ons gemeente.
  3. Die regters en howe wat al meer onder politieke druk kom in uitsprake. Ons bid vir geregtigheid en onbevooroordeelde uitsprake.
  4. Covid-19. Waar daar stadig maar seker verslapping in die regulasies kom, bid ons dat ons steeds verantwoordelik sal optree om ons eie en die gesondheid van ander te respekteer.


DANKIE VIR:

  • Hulle wat groot opofferings doen om onder moeilike omstandighede steeds die Evangelie aan heidene te verkondig.
  • U stem wat ons steeds hoor te midde van die geraas om ons, deur U Woord, Prediking, Gebede en die Natuur.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023