DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL ATLETIEK

25 van Diepkloof Kleuterskool se kleuters het die afgelope Saterdag by Little Einsteins in Grootbrakrivier gaan deelneem aan 'n atletiekbyeenkoms waaraan 4 kleuterskole in die omgewing deelgeneem het.
Ons was baie bly om na 2 jaar van Covid weer te kon deelneem. Ons is baie trots dat ons die Gees-beker gewen het en omtrent almal van die 25 deelnemertjies was onder die voorste 3 van hulle onderskeie wedlope. Ook die Ouerkomitee se dames het deelgeneem en ons naam hoog gehou!
Dit was 'n geseënde oggend en ons wil vir die kleuters, Personeel, Ouerkomitee, Ouers en Ondersteuners wat daar was 'n groot dankie sê vir hul teenwoordigheid en entoesiasme!
Dit voorspel goeie dinge vir Diepkloof Kleuterskool vir 2022!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023