Erediens - 27 Februarie 2022

Ons nooi jou uit na ons inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk.
Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens.


DEUROFFER: HERBERG KINDERHUIS

Die Herberg Kinderhuis op Robertson is 'n program van BADISA. Die kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders uit die Wes-en Suid-Kaap. Kinders se ouderdomme wissel van baba tot 18 jaar oud. Redes vir opname is verwaarlosing, mishandeling, molestering en geen bestaansmiddele.
Die kinderhuis se begroting beloop R11 miljoen per jaar. Met stygende petrolpryse, kos- en kragpryse is die Kinderhuis onder groot finansiële druk vir die volgehoue versorging van ons kinders.
Ons is baie afhanklik van gemeents en individue se bydraes. Ons is die enigste BADISA KINDERHUIS vanaf Worcester tot Plettenbergbaai en bedien 'n baie groot area. Ons ontvang slegs 48% van ons begroting van die staat en die res moet ons self invorder.
Dankie vir die verskil wat u in ons kinders se lewe maak. Ons waardeer elkeen se bydrae ongelooflik baie.
Petro Uren 023 626 3140 | petro@herberg.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023