2022-03-20 - 2022-03-26 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die vlugtelinge van die Oekraïne. Vader ontferm U asseblief oor hierdie groep mense wat uitgelewer is aan uiterste weerstoestande en honger.
  2. Die springkaanplaag in die Noord-Kaap. Na droogte en swaarkry het hierdie boere ons voorbidding nodig.
  3. Lydenstyd – ook tyd vir verootmoediging. Vader ons bely ons sonde en tekortkominge voor U. Maak ons asseblief meer diensbaar vir u koninkryk.
  4. Die Hugenote Kollege. (Deuroffer) Ons bid vir studente en personeel vir geestelike toerusting en om getrou aan U Woord te bly.



DANKIE VIR:

  • Die goeie reën in die Kalahari, Noord-Kaap en Boesmanland. U liefde en genade is groot!
  • U wat luister na ons gebede en dit verhoor volgens U wil!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023