Erediens - 20 Maart 2022

 



Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk.
Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens.


DEUROFFER: HUGENOTE KOLLEGE

Die Hugenote Kollege is die NG Kerk se eie universiteit wat as 'n privaat opleidingsinstansie studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei vir maatskaplike- en kerklike dienswerk. Die gebeure rondom Covid-19 het net weer onderstreep hoe belangrik die kerk se maatskaplike werk en dienslewering is en hoe noodsaaklik dit is om goed opgeleide persone te kan verskaf wat diens lewer in kinderhuise, ouetehuise en wat berading kan doen.
Die volgende kwalifikasies word aangebied: B-graad in Maatskaplike Werk, Beroepsertifikaat in Kinder- en Jeugsorgwerk, Nasionale Diploma in Vroeë Kindontwikkeling en Sertifikate in Maatskaplike Hulpwerk en Gemeenskapsonwikkeling.
Hugenote Kollege lei ook predikante en kerkplanters op. Ons lewer 'n groot bydrae om diensleraars vir die NG Kerk op te lei.
Dit is uiters belangrik dat die kerk as deel van ons missionale kerkwees 'n bydrae lewer om gemeenskappe op te hef en plaaslike omstandighede te verbeter. Die Skool vir Sosiale Innovasie speel 'n groot rol met uitvoerende professionele kortkursusse.
Die Kollege bied ook 'n verskeidenheid kortkursusse aan vir gemeentes en lidmate wat hulle kan help om hulle dienswerk in die Koninkryk van God nog beter te kan doen.
Rektor: prof. Nelus Niemandt | Webwerf: https://hugenote.com

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023