2022-04-03 - 2022-04-09 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Werkloosheid: Die werkloosheidskoers het nuwe hoogtes bereik. Ons bid vir 'n oplewing in die ekonomie.
  2. Oekraïne: Vir helpers wat in moeilike omstandighede vlugtelinge bystaan.
  3. Ons nuwe kerkprogram: Dat die eenheid in ons gemeente steeds behoue sal bly met die twee uiteenlopende dienste.
  4. Die eenheid van die kerk deur die krag van die Heilige Gees sal groei in en te midde van diversiteit. (Dr. Braam Hanekom)
  5. Die skole wat weer die week heropen. Seén U die werk wat onderwysers doen en dat alle aktiwiteite tot U eer sal wees.



DANKIE VIR:

  • Gesondheid en die lewe.
  • U die Skepper van alles wat mooi is.
  • U Woord wat vir ons 'n lig vir die pad bly!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023