2022-05-29 - 2022-06-04 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Mense en besighede in KZN, wat weer groot gely het as gevolg van swaar reën. Wil U in hierdie tyd vir hulle 'n troos en anker wees.
  2. Pinkster: 'n Tyd waar ons die Hemelvaart en uitstorting van die Heilige Gees, saam met mede gelowiges kan herdenk. Mag u seën op ons samekomste rus.
  3. 'n Gemeente wat vir mekaar omgee en ander se nood raaksien. (Prediking verlede Sondag)
  4. Die Bybelgenootskap. Mag die verspreiding van die Bybel asook die vertalings wat in verskillende tale gedoen word deur U geseën word. (Deuroffer)


DANKIE VIR:

  • Die Heilige Gees wat U ons geskenk het as trooster
  • 'n Leraar en Kerkraad wat die afgelope twee jaar onder uitdagende omstandighede steeds die evangelie in ons gemeente lewend gehou het
  • U beloftes waaraan ons steeds kan vashou.
  • Die voorbeeld wat U gestel het, met 'n hart wat omgee.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023