Erediens - 01 Mei 2022

Ons nooi jou uit na die erediens Sondag om 09:30 in die kerk.
Ds. Pieter Louw sal vir ons die boodskap bring.
Na die kerkdiens drink ons lekker saam koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam.
Daar sal geen inrydiens wees nie.
Ons vra om verskoning vir die Moederskamer se klank wat verlede Sondag nie gewerk het nie. Dit is intussen reggestel.

Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit:

1 Mei:
KERKDIENS om 09:30

8 Mei:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

15 Mei:
KERKDIENS om 09:30

22 Mei:
INRYDIENS om 09:30

29 Mei:
KERKDIENS om 09:30

5 Junie:
KERKDIENS om 09:30

12 Junie:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30

Na die eredienste (kerk of inry) drink ons lekker saam koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam. Kom kuier gerus saam. Die koffie is heerlik!
Die Kerkraad het besluit dat daar in die toekoms net 1 kollekte sakkie sal wees vir Bankkollekte en Deuroffer. Ons wil nie ons Outeniqualanders blootstel aan die gevaar van die sakkie aangee in die kerk nie. Die sakkies sal in staanders by die deure wees aan die begin en die einde van die diens. 28% van die geld wat ingesamel word, gaan aan die instansie vir wie die Deuroffer is.


DEUROFFER: ARBEIDSBEDIENING (GEORGE)

Arbeidsbediening is 'n diensarm van Christelike kerke wat alle mense in die werkplek lanswyd ondersteun – hulle verteenwoordig dus nie die voorkeure of styl van een denominasie nie. Hulle verteenwoordig die hele kerk van Christus en is gerig op die geestelike versorging van mense in hul plekke van werk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023