Erediens - 15 Mei 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste 09:30 in die kerkgebou.
Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit:

15 Mei:
KERKDIENS om 09:30

22 Mei:
INRYDIENS om 09:30

29 Mei:
KERKDIENS om 09:30

5 Junie:
KERKDIENS om 09:30

12 Junie:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30


DEUROFFER: GEMEENTEBEDIENING (Sinodaal)

Hierdie bediening word ook “Gemeentebegeleiding” genoem. Dié diensgroep is die fasiliteerders van die NGK in SA. Hulle word gevra om te kom help as kerkrade en predikante begeleiding nodig het met 'n verskeidenheid van situasies. Meestal is dit vanuit 'n probleem gebore, maar soms is daar ook pro-aktiewe prosesse wat gemeentes help om nuut te dink oor hulle aanbod in die dorp of buurt of voorstad. Hulle begelei gemeentes in geloofsonderskeidende prosesse om hulle roeping te ontdek in die gemeenskap waar die Here hulle geplaas het en om die verskillende aspekte van hulle bediening in lyn daarmee aan te pas en te vernuwe.
Die diensgroep lei begeleiers op en ontwikkel prosesse en materiaal wat gemeentes help om hierdie ontdekkings van hulle roeping te maak. Hulle finansier die begeleiers sodat dit nie 'n las op die gemeente is wat begelei wil word nie. Die deuroffer help die diensgroep om dit te kan doen.
Ds. André Agenbag | agenbag1@sun.ac.za | 021 808 9051 | Webwerf: https://communitas.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023