Erediens - 29 Mei 2022

 Ons nooi jou uit na Sondag se diens om 09:30 in die kerk.
Na die diens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit:

29 Mei:
KERKDIENS om 09:30

5 Junie:
KERKDIENS om 09:30

12 Junie:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30


DEUROFFER: BYBELGENOOTSKAP

Die Here het ons in staat gestel om in al 11 amptelike tale Bybels te kon vertaal en in meeste tale is daar hersienings en tweede vertalings gewees. Die NG Kerk het vanaf die stigting van die Bybelgenootskap in 1820 ‘n baie belangrike rol te speel om vir die res van die land, met sy verskillende kulture en tale 'n eie Bybel te kon gee. Soos dit met gemeentes in die tyd swaar gaan, gaan dit in die Bybelgenootskap wat 'n donateur gebaseerde organisasie is ook maar moeilik. Die Covid-19 het veroorsaak dat ons geen inkomste deur deurkollektes ontvang het nie en die meeste gemeentes het nie deurkollektes met Pinkster gehad nie. Gelukkig is dit 'n nuwe jaar en het ons volle verwagting in die Here se genade sodat Hy vir ons in 2022 weer sal voorsien sodat ons vol sterkte kan voortgaan met ons belangrike taak om die Woord so wyd moontlik te versprei.
Dr Quintus Heine (Streekhoof Wes-Kaap): heine@biblesociety.co.za
Christelle du Plessis: 021 910 8790 | christelle@biblesociety.co.za
Webwerf: http://www.bybelgenootskap.co.za/index.php/af/

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023