HOOGEKRAAL INISIATIEF

Hoogekraal gemeenskap het begin met 'n inisiatief om hulle gemeenskap op te bou. Uit hulle eie geledere is daar leiers wat opstaan om hulle omstandighede te verbeter. Die volgende versoeke het ons van hulle ontvang:

  • Kinder-DVD’s om die jongspan besig te hou.
  • Wit papier (al is daar op die een kant reeds iets gedruk).
  • Hulle wil begin om Saterdae vir die meisies netbal te leer. Laerskool Hoogekraal het hulle netbalbaan hiervoor beskikbaar gestel. Hulle benodig dames wat kan help met afrigting. As jy kan help, kontak asseblief vir ds. Jan of vir Merinda by die kerkkantoor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023