2022-06-19 - 2022-06-25 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Instituut vir blindes (Deuroffer): Bid vir mense wat nie oor hierdie sintuig beskik nie. Bid vir hulle finansiële en geestelike ondersteuning.
  2. Reën in ons streek en ook in die Oos-Kaap. Vader ons bid dat U in U wysheid en groot genade vir ons sal seën met reën wat ons hierdie tyd van die jaar so nodig het.
  3. Die Jeug (Jeugmaand): Ons kinders en kleinkinders het U leiding nodig. Rus hulle asseblief toe met insig, om die uitdagings van die tyd met geloof in U alleen te oorkom.
  4. Ons land se politieke leiers: Vir verdraagsaamheid en integriteit, om die land en sy probleme eerste te stel en nie politieke ambisies nie.


DANKIE VIR:

  • Gelowige vaders, wat deur hulle voorbeeld aan hulle gesinne die regte leiding gee en hulle kinders met waardigheid en respek groot gemaak het.
  • Mede gelowiges wat ons kommer en nood raaksien en ons ondersteun.
  • Vir U Woord, wat in al ons lewens omstandighede aan ons leiding en troos bied.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023