2022-06-26 - 2022-07-02 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ramot (Deuroffer): Rehabilitasie Sentrum vir verslaafdes. Vader, hierdie mense en hulle beraders het U hulp nodig. Ons bid vir hulle genesing en rus die beraders toe met U geestelike gawes.
  2. Die vakansietyd: Vir veiligheid op die paaie en dat U hulle wat in die natuur vakansie hou se oë sal open vir die wonders van u skepping.
  3. Die haweloses: Mag hulle in die koue en nat wintermaande deur weldoeners versorg word en ook bewus wees van U warmte en liefde.


DANKIE VIR:

  • Die vrug van die Gees. Gal. 5:22-23.
  • Dat ons as U kinders oo k daarna kan streef om U gaw es deel van ons lew ens te maak. (Prediking Sondag)
  • Die Predikers en Teoloë wat steeds aan U Woord getrou is en sonder huiwering en in geloof vir ons met die Evangelie van Jesus Christus bedien.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023