AANLYN FONDSINSAMELING VEILING

Badisa Fondswerwings-komitee wil hierdie projek vir fondsinsameling hou en vra asseblief een en almal se ondersteuning in die verband.
BADISA is 'n geregistreerde NPO 011-891 en die kantore is in Victoriastraat 60, George. BADISA is 'n openbare welsyns organisasie en is toegewyd tot die sosiale ontwikkeling deur gemeenskap gebasseerde programme in die Wes-Kaap. Ons dek 'n breë spektrum van sosiale dienste met die fokus op Kinder- en Gesinsorg.
Ons is op soek na enige items wat opgeveil kan word om fondse te genereer. 'n Geskenkbewys vir verblyf, tweedehandse meubels of enige bruikbare items wat geskenk kan word sal hoog op prys gestel word. Items kan afgelaai word by BADISA se kantore te 60 Victoriastraat, George gedurende kantoorure of u kan Janine Preto rius kontak by 083 244 3228 om die items af te haal of u kan die gekenkbewyse epos na ninabrandt.pretorius1@gmail.com
Die veiling word aanlyn aangebied vanaf 24 Junie tot 1 Julie 2022. Alle items moet ons asseblief nie later as 20 Junie 2022 bereik nie. Gaan registreer gerus en neem deel aan die fondsinsamelings veiling ten bate van Badisa.
Hier is die skake: https://www.bidpro.co.za/AuctionDetails/385
Baie dankie vir u ondersteuning en dat u bereid is om betrokke te raak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023