Erediens - 19 Junie 2022

 


 Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ds. Pieter Louw sal die boodskap bring.
Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Junie en Julie sien soos volg daaruit:

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30

3 Julie
KERKDIENS om 09:30

10 Julie:
INRYDIENS om 09:30

17 Julie:
KERKDIENS om 09:30

24 Julie:
INRYDIENS om 09:30

31 Julie
KERKDIENS om 09:30

COVID en OUTENIQUALAND
Daar is heelwat lidmate wat op die oomblik COVID het. Die kerkraad het met sy afgelope vergadering gesprek gevoer oor die huidige COVID maatreëls en oor die toepassing daarvan binne ons kerkgebou en sosiale interaksie.
Die Kerkraad wil graag die volgende met die gemeente deel. Ons is steeds wetlik verplig om by die COVID maatreëls wat binne geboue geld, te hou. Dit sluit in dat geboue tot 50% van hulle kapasiteit gevul mag word asook die dra van maskers. Die Kerkraad doen 'n beroep op lidmate om hulle eie en ander se gesondheid in ag te neem en sover as moontlik by die maatreëls te bly. Outeniqualanders gee juis om vir mekaar en mekaar se gesondheid.
Die Kerkraad het as gevolg hiervan besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattingh saal op te skort. Eredienste by die Kobus Hattinghsaal sal hervat word op 11 September 2022.


DEUROFFER: INSTITUUT VIR BLINDES

Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes 'n taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Jesus Christus kon ontvang.
Die visie van NID is die holistiese ontwikkeling van die volle potensiaal van persone met gehoorverlies in Suid-Afrika deur noodsaaklike kwaliteit-dienste aan hulle te lewer. NID se sorg, opleiding en steundienste sluit die volgende in: Bied volhoubare sorg, ontwikkelings- en opleidinsprogramme aan volwasse meervoudige-gestremde Dowes en Dowe persone met spesiale behoeftes, in beskermde werkswinkels, residensieel en binne die Dowe gemeenskap en die versorging van Dowe bejaardes in ‘n doof-vriendelike omgewing in die bejaardesorg-afdeling, Shalom. NID opleiding bied geakkrediteerde beroepsopleiding aan Dowe studente in ‘n variasie van opleidinsprogramme. Geïntegreerde Steundienste bied multi-dissiplinêre steundienste aan persone met gehoorverlies bv. tolkdienste, opleiding, beskikbaarstel van inligting sowel as maatskaplike en terapeutiese ondersteuning. De la Bat-gemeenste (Bellville) en Dowe Familie Kerk (Worcester) voorsien geestelike versorging aan die Dowe gemeenskap in Bellville, Worcester en omliggende areas waarmee NID help.
Bid asseblief dat al die Dowes in SA ook die geleentheid sal kry om die boodskap van verlossing in hul eie taal, Gebaretaal, te ontvang.
Mnr. Cobus van Deventer | 023 342 555 | fr.nid@nid.org.za | webwerf: http://www.nid.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023