2022-06-03 - 2022-06-09 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diepkloof Kleuterskool (Deuroffer). Vader ons dra hierdie leerders en onderwyseresse aan U sorg op. Ons bid vir die leerders se geestelike versorging maar ook vir hulle huislike omstandig-hede waar dikwels groot nood is.
  2. Oos-Kaap se waterkrisis: Vader ontferm U asseblief oor hierdie streek waar damme so te sê leeg is. U alleen kan vir 'n wonderwerk sorg.
  3. Die kragkrisis in ons land, wat besig is om ons ekonomie te verwoes. O ns bid dat U die mense wat verantwoordelik is tot besinning sal bring en die Direkteure met krag en wysheid sal toerus.
  4. Koninkrykstyd (Duur tot 27 November). Koninkrykstyd volg op Pinkster. Ons bid dat die gees van Pinkster sal voortduur en dat ons deur lofprysing sal verkondig dat CHRISTUS DIE HERE IS!!


DANKIE VIR:

  • Die reën in ons streek.
  • Die Musiek: U as die Skepper is ook die Skepper van musiek. Ons loof U vir die musiek wat ons geestelik raak en nader aan U bring.
  • Hulle wat hulle lewens aan U wy en daagliks help om 'n verskil in mense se lewens te maak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023