2022-07-10 - 2022-07-16 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Zimbabwe, Malawi en Mosambiek (Deuroffer): Vader in hierdie buurstate word sendingwerk gedoen en die evangelie verkondig. Seën U assbelief die werk wat in U Naam gedoen word.
  2. Die projekte wat ons gemeente beplan. Ons dink hier veral aan die 40-dae projek asook die “ontdek jou gawes” kursus. Ons bid dat hierdie projekte ons gemeente geestelik sal versterk.
  3. Die inwoners van ons land, om al ons kommer aan U toe te vertrou; die kragkrisis, resessie, leiers wat verdink word van bedrog en wat vir misdade ondersoek word. Help ons om onder hierdie omstandighede, ons oë slegs op U te hou.
  4. Die inwoners van Sydney in Australië, wat as gevolg van oorstromings hulle huise moet ontruim en swaar verliese gely het. Staan U hulle by.


DANKIE VIR:

  • Leiers in die kerk, ekonomie en politiek wat nog positief oor ons land is en ‘n positiewe boodskap aan ons oordra.
  • Die mooi wat ons nog daagliks om ons raaksien, al is dit sonder krag en sonder om ver te ry. Help ons om onder alle omstandighede nader aan U te kom.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023