Erediens - 10 Julie 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se inrykerkdiens om 09:30 op die Sinksa kerkterrein.
Ds. Almo Zietsman sal ons met die Boodskap bedien.
Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.
Daar sal geen diens by die Kobus Hattinghsaal wees nie.

Die eredienste vir Julie sien soos volg daaruit:

10 Julie:
INRYDIENS om 09:30

17 Julie:
KERKDIENS om 09:30

24 Julie:
INRYDIENS om 09:30
(Uitruildiens met VGK Friemersheim)

31 Julie
KERKDIENS om 9:30


COVID en OUTENIQUALAND
817 dae nadat die regering COVID-19-inperkings ingestel het, het minister van gesondheid Joe Phaahla verlede week die laaste regulasies opgehef. Die opskortings geld vir die dra van maskers binneshuis, beperking op saamtrekke en grensbeheer.
Ten spyte hiervan sal die besluit om die eredienste vir die wintertyd in die Kobus Hattingh saal op te skort, in plek bly. Hierdie besluit is geneem in die lig van die toenemende COVID gevalle in ons gemeente. Die eredienste by die Kobus Hattinghsaal sal hervat word op 11 September 2022.
Die Kerkraad doen 'n beroep op lidmate om hulle eie en ander se gesondheid in ag te neem. Outeniqualanders gee juis om vir mekaar en ook mekaar se gesondheid.

DEUROFFER: ZIMBABWE, MALAWI, MOSAMBIEK
Die NG Kerk het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin. Die Reformed Church of Zimbabwe se hoofkantoor is op Masvingo en hulle het meer as 80 gemeentes met ongeveer 80 predikante. Ons ondersteun veral teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuurontwikkeling. By die Kweekskool op Morgenster doen dosente kosbare werk. In Harare is Christine Chanza die bestuurder van CAVA (Christelike Audiovisuele Aksie) wat Christelike lektuur ontwikkel en versprei en NBI-kursusse aanbied. Die gemeentes in Zimbabwe is versorgende en getuigende geloofsgemeenskappe wat te midde van moeilike ekonomiese en politieke omstandighede, hulle lig vir Christus laat skyn.
http://getuienis.christians.co.za/rcz-reformed-church-in-zimbabwe

Die werk in Malawi het in 1889 begin. In 1924 het die CCAP (Church in Central Africa Presbyterian) ontstaan. Die huidige regering geniet breë steun, maar voer ‘n opdraande stryd teen korrupsie en ‘n sukkelende ekonomie. Die CCAP-leierskap speel ‘n positiewe rol om gemeenskappe op te bou. Die CCAP Nkhoma-sinode het 190 gemeentes met meer as 200 leraars. In vennootskap met die CCAP ondersteun die NG Kerk familie tans die voortgesette teologiese opleiding, mediese dienste, verpleging, die omgewingsdepartement wat boomplanting bevorder, weeshuise vir vigswesies en jeugwerk.
http://getuienis.christians.co.za/ccap/

Die werk in Mosambiek (1908-1923; 1973-1980 en weer vanaf 1991) is telkens onderbreek deur regeringsteenkanting en burgeroorlog. Daar is vandag 80 000 lidmate en 86 predikante in die Igreja Reformada em Mozambique (IRM). Die drie sinodes Novo (in die suide om Maputo), Tumbine (veral om Milanje en van die Zambesi-rivier noord tot Tanzanië-grens) en Mphatso (noordwes en sentrale streke in Tete en Manica provinsie) het in 2004 'n algemene sinode gestig. Die IRM reik self ook na nuwe gebiede uit. HEFSIBA, 'n Christelike Hoër Onderwys-instituut op Vila Ulongue bied verskeie grade en diplomas in Teologie, Ekonomie, Regsgeleerdheid en Sielkunde aan.
http://getuienis.christians.co.za/irm-igreja-reformada-em-mosambique/

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023