Erediens - 17 Julie 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ds. Jan is terug van vakansie en ons sien uit om hom, Karien, Henk en Melani terug te verwelkom.
Na die erediens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.
Ons doop vandag Henry en Marné se seuntjie Arthur Henry Cockcroft.
Veels geluk aan die ouers en die trotse oupa en ouma, Arthur en Amanda.
Ons bid dat die Here vir klein Arthur sal seën.

Die eredienste vir Julie sien soos volg daaruit:
17 Julie:
KERKDIENS om 09:30
24 Julie:
INRYDIENS om 09:30
(Uitruildiens met VGK Friemersheim)
31 Julie
KERKDIENS om 9:30


DEUROFFER: FEBA RADIO

Ons kommunikeer die Goeie Nuus onder die Nasies deur die Media, om mense te inspireer om Jesus Christus te volg.
Godsdienstige onverdraagsaamheid, fanatisme en haat jeens Christene het 'n hoogtepunt bereik in Pakistan. Aan die begin van 2022 is die pastoor van een van FEBC Pakistan se vennootskapkerke wreed vermoor op pad terug huis toe nadat hy in die noorde van die land gedien het. FEBC Pakistan is een die buitelandse velde wat al vir baie jare deur FEBA Suid-Afrika ondersteun word. Intoleransie is hoog. Die FEBA-span en hul luisteraars staar elke dag die bedreiging van vervolging, gevangenisstraf en dood in die gesig.
Ons doel is om die evangelie van Jesus Christus aan die mees vervolgde, afgesonderde en onbereikte volke in die wêreld te verkondig. wat hul toegang tot die evangelie baie beperk en die kerk klein en swak hou.
Baie van hierdie “vergete mense” in die samelewing is geleë in lande met geweldige politieke en kulturele opposisie teen die evangelie en daarom het hulle beperkte toegang tot Christelike hulpbronne.
Dr. Jurie Vermeulen | 012 335 5708 | info@febaradio.co.za | www.febaradio.co.za
FEBA Radio Suid-Afrika, 683 8th Avenue, Mayville, Pretoria, 0083

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023