Erediens - 31 Julie 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens in die kerk om 09:30.
Kom vind meer uit oor ons 40 dae reis van roeping.
Dit is registrasiesondag waar ons die geleentheid gaan kry om onsself vir die 40 dae te verbind.
Ons bedien na die tyd koffie/tee by die voordeur van die kerk.

Hierdie Sondag, 31 Julie, begin ons met registrasie vir ons 40 dae reis van roeping.
Jy sal tot 14 Augustus tyd hê om te registreer wanneer die 40 dae amptelik begin.
Die derde woord van ons visie is AANGEE. Dit is nodig om eers uit te vind wat ons gawes is en daarna oor ons roeping te gesels.
Die reis van 40 dae gaan juis oor die vraag: Wie is jy? en Waarheen is jy op pad? Ons wil AANGEE waarmee God ons geseën het.


DEUROFFER: DIENS VAN BARMHARTIGHEID

Outeniqualand se Diensgroep vir Barmhartigheid sien om na die fisiese behoeftes in ons gemeente en gemeenskap.
Van die projekte van die Diensgroep vir Barmhartigheid is:
Johan en Nicky Deysel koop 1 keer per jaar vir al die behoeftige skoliere in Diepkloof Laerskool, Hoogekraal Laerskool en Laerskool Van der Hoven skoolklere.
Versorging van gesinne in ons gemeente en ook in die gemeenskap wat kosnood en lewensmiddele nodig het.
Ouerwordende lidmate resorteer onder die kommissie.
Somtyds is daar van enige oord briewe wat om finansiële hulp vra wat deur hierdie diensgroep hanteer word.
Daar is ook 'n lid van die diensgroep wat dien as skakel met BADISA George.

Jesus se verwagting was dat ons barmhartig moet wees. Wanneer Hy die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel om te illustreer hoe ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir die nood van ons naaste, sê Hy immers aan die einde vir die wetgeleerde vir wie Hy die verhaal vertel: 'Gaan maak jy ook só.'
As jy 'n hart het vir mense, kom sluit aan by die Diensgroep vir Barmhartigheid.
Voorsitter: Serah Bester

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023